Monthly Archives: August 2013

Pieter Koen – Man van Staal

ALGEMENE NUUS – ‘n Gedeelte van die musiekvideo vir Pieter Koen se ‘Man van Staal‘ is hier by ons galery geskiet – letterlik en figuurlik! Dit was ‘n fees om deel daarvan te wees en ons sien daarna uit om die eindproduk te sien! Wat ‘n aangename groep mense!

Alette Wessels en Elsbeth Eksteen

In die Media – Luister vanaand RSG

AANKONDIGING – Luister vanaand, 27 Augustus 2013 om 20h00 op RSG, in RSG KUNS, na ‘n gesprek tussen Christelle Webb-Joubert, Alette Wessels van Alette Wessels Kunskamer en met Elsbeth Eksteen oor haar kunswerke tans op uitstalling by die kunsgalery in Pretoria. Die uitstalling sal tot 6 September 2013 duur.

Alette Wessels en Elsbeth Eksteen

Alette Wessels Kunskamer nooi u uit na ‘n uitstalling deur Elsbeth Eksteen

UITSTALLING – Alette Wessels Kunskamer stal nuwe werke deur  Elsbeth Eksteen in ondersteuning van die  Spar Women’s Challenge 2013 uit. Eksteen is die skepper van die voorblad van die ‘My Race’ tydskrif, vir die Spar Women’s Challenge 2013. Die uitstalling word saamgestel deur Sjanet Oliphant in samewerking met Globe Gallery Kunskonsultante.