Alexander Rose-Innes

Book Cover

ALEXANDER ROSE-INNES (1915 – 1996) – Alexander is gebore gedurende 1915 in Beaufort Wes. Hy ontwikkel ‘n aanvoeling vir sketse op ‘n vroeë ouderdom.

Die Rose-Innes familie verhuis na Port Elizabeth in 1927, waar hy met sy kunsstudies begin by die Kunsskool van Port Elizabeth Tegniese Kollege, onder Francis Pickford en Jack Heath. Nadat hy sy studies voltooi het, begin hy as ‘n vakleerling letter-skilder terwyl hy sy kuns gedurende sy spaar tyd beoefen.

Hy sluit by die weermag aan aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog in 1940 en word gestasioneer te Pretoria, Kimberley en Kaapstad gedurende die daaropvolgende vyf jaar. Na die oorlog besluit hy om homself toe te wy aan sy kuns, en verhuis na Kaapstad gedurende 1956, toe hy 41-jaar oud was.

Rose-Innes het sy eerste solo uitstalling in 1958 aangebied nadat hy voorheen deelgeneem het aan groep-uitstallings in die Oostelike Provinsie. In 1962 neem hy deel aan ‘n groep-uitstalling by die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kuns se galery tesame met Ruth Prowse, David Botha, Gregoire Boonzaier, Carl Büchner, Nerine Desmond en Frank Spears.

Daarna bied hy verskeie solo uitstallings in Suid-Afrika en België aan en sy werke word ingesluit in talle nasionale en internasionale uitstallings.  In 1986 word hy vereer deur die Universiteit van Pretoria met ‘n terugblik uitstalling van sy werke en ‘n medalje vir sy bydrae tot die kunste in Suid-Afrika.

Rose-Innes was ‘n skilder van alledaagse situasies soos vroue wat blomme verkoop, mense in kroeë en meisies wat gesels. Hy het besonder belang gestel in tonele uit die Kaaps-Maleisiese kontrei en Distrik Ses, figure en portrette van gewone mense soos grofsmede en vissermanne, sowel as die eenvoudigheid van stillewe rangskikkings, die Kaapse landskap en binnenshuise tonele. Die afwesigheid van helder kleure, tesame met naby tonele, dra by tot ‘n gevoel van intimiteit in sy kunswerk.

Vandag is sy werk deel van die mees beduidende versamelings van Suid-Afrikaanse meesters in galerye en talle privaat versamelings. Alexander Rose-Innes is oorlede gedurende 1996.

English Text

VOORBEELDE VAN KUNSWERKE

LW: Voorbeelde is nie noodwendig beskikbaar nie. Dit dien slegs as voorbeeld van die kunstenaar se kunswerke.

Kontak ons indien u meer informasie oor die kunstenaar of sy kunswerke verlang.

Verwante Plasings / Related Posts