Hester Hattingh

HESTER HATTINGH – Hester het in die Oos-Kaap groot geword. Haar eerste solo kunsuitstalling was by die KKNK gedurende 2004. Sedertdien is sy ‘n voltydse kunstenaar met talle solo en groep uitstallings in Suid-Afrika.

Die plattelandse landskap is vir Hester ‘n inspirasie en al haar kunswerke bied die gevoel van natuurlike ruimte, lig en rustigheid. Vir Hester is kleur die emosie van die natuur en haar kunswerke weerspieël dit.

Hester Hattingh

Hester Hattingh by enkele van haar kunswerke

Sommige kunswerke deur Hester Hattingh is tans beskikbaar by die galery.

Indien u enige navraag het oor kunswerke deur Hester Hattingh, moenie huiwer om ons te kontak nie.

English Text
Hester HattinghVoorbeelde van Kunswerk EnglishGo to English Website

 

Wees sosiaal, Deel!