Category Archives: Kontemporêre Kuns

Hester Hattingh

Hester Hattingh 001 - 640x480

HESTER HATTINGH – Hester het in die Oos-Kaap groot geword. Haar eerste solo kunsuitstalling was by die KKNK gedurende 2004. Sedertdien is sy ‘n voltydse kunstenaar met talle solo en groep uitstallings in Suid-Afrika.

Die plattelandse landskap is vir Hester ‘n inspirasie en al haar kunswerke bied die gevoel van natuurlike ruimte, lig en rustigheid. Vir Hester is kleur die emosie van die natuur en haar kunswerke weerspieël dit.

Anton Smit

Anton Smit - Foto (640x480)

ANTON SMIT (1954) – Anton is ‘n beeldhouer wat in Boksburg in die Transvaal, RSA, gebore is gedurende Augustus 1954. Op die ouderdom van sestien skryf hy vir die eerste keer in vir ‘n beeldhouers-kompetisie en wen die eerste prys.

Hierdie selfgeleerde beeldhouer wen ook die eerste prys in die SA Assosiasie van Kunste se kompetisie gedurende 1979. Na suksesvolle uitstallings in Nelspruit, Witrivier, Kaapstad en Pretoria, keer Smit terug om voltyds beeldhouwerk te doen

Philip Badenhorst

Philip Badenhorst 001 - Foto (640x480)

PHILIP BADENHORST (1957) – Philip is gebore gedurende 1957 in die voormalige Wes-Transvaal. Hy is welbekend vir sy ryk, kleurvolle en impressionistiese olieverf-skilderye.

Hy gebruik menslike figure omring deur blomme, blare, ruikers, donker woude en water. Die kyker word verlei deur die oppervlak van die skilderye en ontdek verskillende lae in die kunswerk wat veel dieper strek as die meer ooglopende eienskappe.

Lionel Abrahms

Lionel Abrahms - Foto (640x480_

LIONEL ABRAHMS (1931 – 1997) – Lionel is een van die kunstenaars wie se kunswerke al voorheen by ons beskikbaar was. Hy is een van die minder bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, hoofsaaklik omdat hy ietwat sku was om uitstallings van sy kunswerke te hou.

Hy het aanvanklik as ‘n argitek gestudeer, maar het sy studies na die tweede jaar opgeskort om eerder sy aandag op sy kuns toe te spits tot ontsteltenis van sy moeder, Ella Abrahms, wat na Suid-Afrika geïmmigreer het vanaf Lithuania gedurende die 2de Wêreldoorlog.