Category Archives: Ou Meesters

JH Pierneef

JH Pierneef - 02 Foto (640)

JH PIERNEEF (1886 – 1957) – Jacobus Hendrik (Henk) Pierneef (13 Augustus 1886 – 14 November 1957) was ‘n Suid-Afrikaanse landskapskunstenaar, wat algemeen beskou word as een van die beste van die ou Suid-Afrikaanse Meesters. Sy kenmerkende styl word wyd erken en sy werk is sterk beïnvloed deur die Suid-Afrikaanse landskap.

Die meeste van sy landskappe was van die Suid-Afrikaanse hoëveld, wat vir hom ‘n lewenslange bron van inspirasie verskaf het. Pierneef se styl was om die landskap te verminder en te vereenvoudig

Alexis Preller

Alexis Preller 100 - Photo 640x480

ALEXIS PRELLER (1911 – 1975) – Preller was ‘n Suid-Afrikaanse skilder. Hy het sy opleiding by die Westminster-kunsskool ontvang waar hy in 1934 gegradueer het. Hy het ook die ‘Academie de la Grande Chaumière’ in Parys gedurende 1937 bygewoon.

Hy is veral beïnvloed deur Vincent van Gogh en Paul Gauguin, en besoek Europese galerye en museums om hierdie kunstenaars se werke te bestudeer. Elemente van Gauguin kan gesien word in sy skilderye oor Suid-Afrikaanse onderwerpe

Alexander Rose-Innes

Alexander Rose Ines - Boek Cover (640X480)

ALEXANDER ROSE-INNES (1915 – 1996) – Alexander is gebore gedurende 1915 in Beaufort Wes. Hy ontwikkel ‘n aanvoeling vir sketse op ‘n vroeë ouderdom.

Die Rose-Innes familie verhuis na Port Elizabeth in 1927, waar hy met sy kunsstudies begin by die Kunsskool van Port Elizabeth Tegniese Kollege, onder Francis Pickford en Jack Heath. Nadat hy sy studies voltooi het, begin hy as ‘n vakleerling letter-skilder terwyl hy sy kuns gedurende sy spaar tyd beoefen.