Anton Smit
ANTON SMIT – Anton is ‘n beeldhouer wat in Boksburg in die Transvaal, RSA, gebore is gedurende Augustus 1954. Op die ouderdom van sestien skryf hy vir die eerste keer in vir ‘n beeldhouers-kompetisie en wen die eerste prys.
Hierdie selfgeleerde beeldhouer wen ook die eerste prys in die SA Assosiasie van Kunste se kompetisie gedurende 1979. Na suksesvolle uitstallings in Nelspruit, Witrivier, Kaapstad en Pretoria, keer Smit terug om voltyds beeldhouwerk te doen om te voorsien aan die aanvraag vir sy kunswerke deur galerye en privaat versamelaars.
Met beeldhouwerk wat permanent ten toon gestel word by kunsgalerye in Pretoria, Pietersburg en ander vername galerye regdeur Suid-Afrika, het Anton Smit een van die vernaamste beeldhouers in Suid-Afrika geword.
Gedurende 1990 ontvang Anton Smit internasionale erkenning met uitstallings in Rome en Milaan, uitnodigings om in New York en Hong-Kong uit te stal, asook ‘n uitnodiging vir ‘n opvolg uitstalling in Italië gedurende 1993. Meer uitstallings volg later in onder andere Bonn, Washington, Singapoer, Koln en Amsterdam.
Vir meer informasie oor Anton Smit en sy kunswerke, kontak ons gerus.
Anton SmitVoorbeelde van Kunswerk InternationalGo to International Website