Omtrent Ons / About Us

Logo

Pretoria Kunskamer (voorheen Alette Wessels Kunskamer) funksioneer as ‘n Kunsgalery en verskaf Kuns-konsultasiedienste wat spesialiseer in Suid-Afrikaanse kuns as belegging, handeldrywend met Ou Meesters en selektiewe Kontemporêre kuns.

Ons sal u bystaan om daardie kunswerke te vind wat u kunsversameling ten beste komplimenteer, help om nie net in pragtige kunswerke te belê nie, maar ook om goeie opbrengste uit u belegging te ontvang indien u verkies om te verkoop.

Ons assisteer om die regte koper te vind vir u kunswerke op ‘n een-tot-een basis, wat ‘n professionele en eksklusiewe diens aan u bied tot beste voordeel vir u transaksie.  Ons bied ook talle ander professionele dienste.

Besoek ons virtuele kunsgalery om kunswerke deur verskeie kunstenaars te aanskou. U kan ook sommige van die kunswerke in ons virtuele skyfievertonings te siene kry.

Sien gerus ook ons nuus en persvrystellings vir die nuutste aankondigings en berigte oor Suid-Afrikaanse kuns.

Ons wil u ook vriendelik uitnooi om by ons aan te sluit op sosiale netwerke. Moet asseblief nie huiwer om ons te kontak indien ons u behulpsaam kan wees nie.

OU MEESTERS

Alexander Rose-Innes
Alexis Preller

KONTEMPORÊRE KUNS

Anton Smit Kunswerke
Philip Badenhorst
Dino Paravano
Francoise Koch