Welkom / Welcome
Welkom by die nuwe Afrikaanse webtuiste vir Alette Wessels Kunskamer. Ons hoop u geniet die kuiertjie hier by ons en wil u graag uitnooi om ons te kontak indien ons enigsins behulpsaam kan wees.
Alexander Rose-Innes
ALEXANDER ROSE-INNES (1915 – 1996) – Alexander is gebore gedurende 1915 in Beaufort Wes. Hy ontwikkel ‘n aanvoeling vir sketse op ‘n vroeë ouderdom.
Hester Hattingh
HESTER HATTINGH – Hester het in die Oos-Kaap groot geword. Haar eerste solo kunsuitstalling was by die KKNK gedurende 2004. Sedertdien is sy ‘n voltydse kunstenaar met talle solo en groep uitstallings in Suid-Afrika.
Anton Smit Kunswerke
Anton Smit is een van die beeldhouers wie se werk al by Alette Wessels Kunskamer se Pretoria Kunsgalery ten toon gestel is. Sommige van Anton se beeldhouwerk is tans beskikbaar. Enkele voorbeelde van sy werke volg hierna.
Anton Smit
ANTON SMIT – Anton is ‘n beeldhouer wat in Boksburg in die Transvaal, RSA, gebore is gedurende Augustus 1954. Op die ouderdom van sestien skryf hy vir die eerste keer in vir ‘n beeldhouers-kompetisie en wen die eerste prys.