Gesteelde Kunswerk – Stolen Art
GESTEELDE KUNSWERKE – Die kunswerke wat hierna gelys word, is gesteel. Dit is onwettig om enige gesteelde kunswerk in jou besit te hê of om dit te verhandel. Indien u informasie oor enige van die gesteelde kunswerk het, kontak ons asseblief of stuur die informasie per epos aan info @ artwessels.com
Philip Badenhorst
PHILIP BADENHORST – Philip is gebore gedurende 1957 in die voormalige Wes-Transvaal. Hy is welbekend vir sy ryk, kleurvolle en impressionistiese olieverf-skilderye.
Pieter Koen – Man van Staal
ALGEMENE NUUS – ‘n Gedeelte van die musiekvideo vir Pieter Koen se ‘Man van Staal‘ is hier by ons galery geskiet – letterlik en figuurlik! Dit was ‘n fees om deel daarvan te wees en ons sien daarna uit om die eindproduk te sien! Wat ‘n aangename groep mense!
In die Media – Luister vanaand RSG
AANKONDIGING – Luister vanaand, 27 Augustus 2013 om 20h00 op RSG, in RSG KUNS, na ‘n gesprek tussen Christelle Webb-Joubert, Alette Wessels van Alette Wessels Kunskamer en met Elsbeth Eksteen oor haar kunswerke tans op uitstalling by die kunsgalery in Pretoria. Die uitstalling sal tot 6 September 2013 duur.
Alette Wessels Kunskamer nooi u uit na ‘n uitstalling deur Elsbeth Eksteen
UITSTALLING – Alette Wessels Kunskamer stal nuwe werke deur Elsbeth Eksteen in ondersteuning van die Spar Women’s Challenge 2013 uit. Eksteen is die skepper van die voorblad van die ‘My Race’ tydskrif, vir die Spar Women’s Challenge 2013. Die uitstalling word saamgestel deur Sjanet Oliphant in samewerking met Globe Gallery Kunskonsultante.